Vandag gedenk alle
Christene van regoor die wêreld die hemelvaart van Jesus Christus. Wat ‘n
triomfantlike waarheid dat Jesus Christus nie net uit die dood uit opgestaan het
nie, maar dat Hy ook met heerlikheid in die hemel opgevaar het. Met hierdie
gebeurtenis, het die Here Jesus ‘n hele aantal onbetwyfelbare getuies
agtergelaat, nl. (1) die leë graf - As Jesus nie opgestaan het en opgevaar het
nie, sou die godsdienstige leiers ‘n liggaam geproduseer het en daarmee saam die
evangelie gekelder het. (2) Die lewende getuies – Talle getuies het die lewende
Christus na sy opstanding gesien, met Hom gepraat, saam met Hom geëet, Sy
opdragte ontvang en Hom in die hemel sien opvaar. (3) Die koms van die Heilige
Gees tydens Pinkster – Die Heilige Gees se toetrede tot die innerlike ervaring
van individuele Christene in die Nuwe Testament gemeentes, was ooglopend en
ingrypend. Nie net het mense tot bekering gekom nie, maar hulle het radikale
veranderinge aan hulle lewenstyle gemaak. (4) Die stigting van die gemeente –
Die totstandkoming en uitbreiding van die enkel grootste organisasie van alle
tye, wat in die naam van Jesus gesorg het onder andere vir die Joods-Christelike
wetstelsel, die opvoedkunde, die mediese professie en die afskaffing van
slawerny (natuurlik nog baie meer). Al hierdie dinge het wêreldgeskiedenis so
beïnvloed, dat ons vandag nog die vrugte pluk as gevolg daarvan. Wat is dan die
betekenis van hemelvaart vir ons? As ons
dink aan die geweldige invloed wat Jesus se eerste kom gehad het, wat sal die
gevolge wees van Sy tweede koms. Jesus het in Johannes 14 gesê: “Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo
in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie
so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe
neem, sodat julle ook kan wees waar ek is.” As gevolg van die hemelvaart, sal daar ‘n
heerlike dag aanbreek waar die Here Jesus, na die geskal van die basuin, ons sal
kom haal om by Hom te wees. Op daardie dag, wat dalk gouer kom as wat jy dink,
sal Jesus Christus ons fisiese, verganklike en gebroke oorlewingsbestaan
omskakel na ‘n geestelike, onverganklike en volmaakte oorwinningstriomf.
Donderdag 29 Mei 2014
Maandag 17 Maart 2014
Die Sonde van Stilswye
In sy boek “Share Jesus
without fear.”, verklaar William Fay dat die dodelikste wond wat Jesus tydens
sy kruisiging toegedien is, “the wound of silence” was. Niemand het
opgekom vir Jesus nie! Toe Jesus in hegtenis geneem is, het sy mees lojale en
uitgesproke dissipel nie weggehardloop nie, maar op ‘n veilige afstand gevolg
sonder om ‘n woord te sê. Party van die mense wat daar byeengekom het, het
Petrus erken as een van die Jesus se dissipels. “Was jy nie saam met Jesus
nie?”, het hulle gevra. Maar Petrus het dit ontken en gesê: “Ek ken die man
nie.” Terwyl ons gou sal wees om ons van Petrus te distansieer, is daar tog ‘n
ontstellende ooreenstemming. Deur nooit ons monde oop te maak om te getuig nie,
sê William Fay, ontken ons eintlik dat ons Jesus ken. Ons ontken hom deur ons
stilswye! Terwyl ons opgewonde moet wees
oor ons geloof en oorloop van Jesus, veral omdat ons daardeur gered is en dat
daar soveel Bybelse eindtyd profesieë in ons dag vervul word, bly ons eerder
stil. Net soos Petrus van ouds, is ons ook soms geneig om die sonde van
stilswye te kies.
Toets gou jouself, se William Fay, vir die tekens van ‘n stilswyende en sterwende Christelike lewe: Het jy al ooit getuig van jou geloof? Het jy al vir enige iemand die goeie nuus van die evangelie gegee? Het jy slegs Christen vriende? Het jy ooit te doen met uitgeworpe sondaars, die wat hulp soek, of is jy net met jou eie persoonlike groepie vriende gemoeid?
Christene wat getuig, val in twee groepe, die wat OOR die verlore wêreld praat en die wat MET die verlore wêreld praat. Die eerste groep is vriendelik, gee drukkies, stuur e-posse met motiverende dagstukkies, beloof dalk om te bid vir ‘n saak en gebruik selfs ‘n Johannes 3:16 plakker agter op die kar. Hulle pogings in lewensredding is soos om ‘n klein pleistertjie op ‘n bloeiende wond te plak. Hulle is vriendelik, maar vaag en bly soos Petrus op ‘n veilige afstand, steeds in die sonde van stilswye. Hulle offer klein brokkies informasie, wat lei tot hongersnood, maar weerhou die versadigende voeding van die Brood van die Ewige Lewe. Daar is dalk niks fout met hulle kerkbywoning nie en hulle is verseker goeie Christelike mense, maar hulle getuienis aan hulle vriende en familie kan met ‘n vraag opgesom word. Die vraag word 4 keer deur Paulus gebruik in Rom 10:14-15 herhaal: “Hoe kan hulle…?” M.a.w. Hoe kan jou vriende God vind, in Hom glo en tot bekering kom, as jy nie na hulle toe gaan en hulle die evangelie by jou hoor nie? Hoe kan die Heilige Gees hulle tot bekering lei, as hulle nie die Woord van God, wat die Heilige Gees gebruik, uit jou mond hoor en in jou lewe sien nie? Die sonde van stilswye eindig met die vraag: “Hoe kan hulle… tot bekering kom?”
William Fay sê dat navorsing
toon dat ongelowiges ‘n totaal van 7.6 keer die evangelie moet hoor, voordat
hulle ‘n oorgawe maak? Elke keer as jy met ‘n ongelowige praat moet jy bewus
wees van die feit dat dit een tree nader is aan die 7.6 keer wat hy of sy dit
moet hoor voordat hulle tot oorgawe kom. Sommige bely: “Maar ek het gedink ek
moet met elke gesprek iemand tot bekering probeer bring en ek is bang ek
faal!”
Liewe vriend, die Here het jou gevra om getrou te wees om jou geloof met ander te deel. Of jy nou besig is om die saad van die Woord te saai deur ‘n evangeliese gesprek, of besig is om die saadjie wat reeds gesaai is water te gee deur liefde, of jy besig is om die oes af te haal – jy is besig om getrou te wees! Dit is wat God van jou verwag – GETROUHEID! Daarom moet jy elke keer as jy met ‘n mens praat, probeer bepaal of hulle vir die eerste keer die evangelie hoor, en of hulle dit al baie keer gehoor het en gereed is vir bekering en of hulle alreeds tot bekering gekom het. Jy kan dus nie faal nie! As jy die sonde van stilswye pleeg omdat jy bang is om te faal in evangelisasie, dan moet jy die sonde bely en weet dat jou sukses nie is om mense te red nie – dis God se werk! Sukses vir jou is om jou geloof met ander te deel. Klein treëtjies in die begin, met groter treë later. Begin deur te BID vir geleenthede om met mense te praat. Tweedens, BEPLAN wat jy gaan sê – dink aan ‘n vraag oor wat belangrik is in hulle lewens, en hoe die Woord of Jesus ‘n verskil gemaak het. Werk aan jou getuienis van ‘n tyd in jou lewe waar die Here en die Woord jou deurgedra het. Raak dan BESIG met mense deur spontane kommunikasie en volg jou plan. Dis al! Nie so moeilik as wat jy dink nie? Hoekom bely jy nie die sonde van stilswye en begin vandag getuig nie?
(Vertaal en verwerk uit William Fay se boek: Share Jesus without Fear, The Gideons International, Nashville, Tennessee. 1999)
Toets gou jouself, se William Fay, vir die tekens van ‘n stilswyende en sterwende Christelike lewe: Het jy al ooit getuig van jou geloof? Het jy al vir enige iemand die goeie nuus van die evangelie gegee? Het jy slegs Christen vriende? Het jy ooit te doen met uitgeworpe sondaars, die wat hulp soek, of is jy net met jou eie persoonlike groepie vriende gemoeid?
Christene wat getuig, val in twee groepe, die wat OOR die verlore wêreld praat en die wat MET die verlore wêreld praat. Die eerste groep is vriendelik, gee drukkies, stuur e-posse met motiverende dagstukkies, beloof dalk om te bid vir ‘n saak en gebruik selfs ‘n Johannes 3:16 plakker agter op die kar. Hulle pogings in lewensredding is soos om ‘n klein pleistertjie op ‘n bloeiende wond te plak. Hulle is vriendelik, maar vaag en bly soos Petrus op ‘n veilige afstand, steeds in die sonde van stilswye. Hulle offer klein brokkies informasie, wat lei tot hongersnood, maar weerhou die versadigende voeding van die Brood van die Ewige Lewe. Daar is dalk niks fout met hulle kerkbywoning nie en hulle is verseker goeie Christelike mense, maar hulle getuienis aan hulle vriende en familie kan met ‘n vraag opgesom word. Die vraag word 4 keer deur Paulus gebruik in Rom 10:14-15 herhaal: “Hoe kan hulle…?” M.a.w. Hoe kan jou vriende God vind, in Hom glo en tot bekering kom, as jy nie na hulle toe gaan en hulle die evangelie by jou hoor nie? Hoe kan die Heilige Gees hulle tot bekering lei, as hulle nie die Woord van God, wat die Heilige Gees gebruik, uit jou mond hoor en in jou lewe sien nie? Die sonde van stilswye eindig met die vraag: “Hoe kan hulle… tot bekering kom?”
Liewe vriend, die Here het jou gevra om getrou te wees om jou geloof met ander te deel. Of jy nou besig is om die saad van die Woord te saai deur ‘n evangeliese gesprek, of besig is om die saadjie wat reeds gesaai is water te gee deur liefde, of jy besig is om die oes af te haal – jy is besig om getrou te wees! Dit is wat God van jou verwag – GETROUHEID! Daarom moet jy elke keer as jy met ‘n mens praat, probeer bepaal of hulle vir die eerste keer die evangelie hoor, en of hulle dit al baie keer gehoor het en gereed is vir bekering en of hulle alreeds tot bekering gekom het. Jy kan dus nie faal nie! As jy die sonde van stilswye pleeg omdat jy bang is om te faal in evangelisasie, dan moet jy die sonde bely en weet dat jou sukses nie is om mense te red nie – dis God se werk! Sukses vir jou is om jou geloof met ander te deel. Klein treëtjies in die begin, met groter treë later. Begin deur te BID vir geleenthede om met mense te praat. Tweedens, BEPLAN wat jy gaan sê – dink aan ‘n vraag oor wat belangrik is in hulle lewens, en hoe die Woord of Jesus ‘n verskil gemaak het. Werk aan jou getuienis van ‘n tyd in jou lewe waar die Here en die Woord jou deurgedra het. Raak dan BESIG met mense deur spontane kommunikasie en volg jou plan. Dis al! Nie so moeilik as wat jy dink nie? Hoekom bely jy nie die sonde van stilswye en begin vandag getuig nie?
(Vertaal en verwerk uit William Fay se boek: Share Jesus without Fear, The Gideons International, Nashville, Tennessee. 1999)
Staan ons nader of onttrek ons?
In sy boek, “Say it with
love”, vertel Dr. Howard Hendricks van ‘n antwoord wat ‘n bekende skrywer aan
‘n verslaggewer van die New York Times gegee het op sy vraag: “Wat is fout met
ons wêreld?” Haar antwoord was soos volg: “Never before has the world been so
desperately asking for answers to crucial questions, and never before has the
world been so frantically committed to the idea that no answers are possible.”
Daarbenewens het sy ook gesê: “To paraphrase the Bible, the modern attitude is,
‘Father, forgive us, for we know not what we are doing–and please don’t tell
us!” Dit is, volgens dr. Hendricks, die tipe gesindheid van die mens en
samelewing waarin ons leef en met wie ons die goeie nuus van Jesus Christus se
reddingswerk moet deel. Ons lees en hoor van dinge wat ongehoord was ‘n
generasie of twee terug, dinge wat mense eens op ‘n tyd nie gedink het moontlik
is nie. Dit is ook volgens dr. Hendriks die tipe wêreld waarin die Here ons
geplaas het om Sy persoonlike ambassadeurs en verteenwoordigers te wees. En
ambassadeurs moet deur middel van kommunikasie kontak maak met hierdie
wêreldlinge wat elke dag tussen ons woon en werk.
Dit is egter hartseer dat Christene, as gevolg van verskeie redes, hulleself al hoe meer en op verskillende maniere onttrek (nie wil kommunikeer nie) van hierdie samelewing en in ‘n privaat tipe wêreld kongrueer waar hulle min of geen kontak het met die mense van hierdie generasie nie. Christene is nie gretig of weet nie hoe om die krisisvrae van die wêreld te beantwoord deur kommunikasie nie, maar wil hulleself eerder beskerm van die invloede. Een manier waarop mense onttrek is deur intellektualiteit en ‘n oorbeklemtoning van dogma. Dr. Hendricks sê: “Unfortunately, our greatest asset, the Christian message, sometimes becomes a great liability. In some churches, the Christian message is little more than intellectual. The correct information is thought to automatically make genuine Christians, but Jesus warned: ‘Not every one that saith unto me, Lord, Lord, shall enter into the kingdom of heaven… (Matt. 7:21-23)”.
Nog ‘n manier hoe Christene onttrek van die wêreld is deur die kerk en hulle lewens ‘n beeld te gee van onaantasbaarheid. Dr. Hendricks lewer soos volg kommentaar hieroor: “Another distortion of the message is its enshrinement in a church building. Many churches across the country are repositories of the truth, and it’s as if they had a sign in front which says, ‘HERE WE ARE, YOU LUCKY SINNERS! WELCOME.” M.a.w. kom kry jou weeklikse dosis waarheid eksklusief net by ons.
Dit is die beeld wat
Christene baie keer van hulleself na mense om hulle uitstraal, want as jy met
hulle praat oor hulle lewens, dan kry jy die gevoel dit is soos ‘n heiligdom
met geen ding uit plek uit nie en jy is maar te gelukkig om met hulle
hoogwaardigheid te doen te kry. Maar die evangelie behoort aan alle mense, nie
net aan ‘n paar in die kerk nie. Nog ‘n manier waarop die Christen wil onttrek
is deur ‘n eiesoortige en private aanbiddingstyl, wat as verdedigingsmeganisme
gebruik word teen die invloed van die wêreld. As jy met sommige Christene
praat, dan kan jy skaars verstaan wat hulle sê soos wat hulle ‘n aangeleerde
Christelike “lingo” gebruik. Paulus het vir die onkundige kerk in Korinte gesê:
“Maar in die byeenkoms van die gemeente sal ek liewer vyf verstaanbare woorde
praat waaruit ander iets kan leer as tienduisend in ‘n onbekende taal.” As die
verhouding van verstaanbare woorde 5 teen 10,000 in die kerk is, wat behoort
dit nie teenoor soekende, ongelowige mense te wees nie. Dr. Hendricks som dit
alles op deur te sê dat kommunikasie van die boodskap met jou lewe belangrik
is. As ons die Goeie Nuus van Jesus wil kommunikeer, dan moet ons buite die
intellektuele sone beweeg, buite die hoogwaardige, ek-is-beter-as-die-res gesindheid en buite die gebruik van
eksklusiewe Christen “lingo” beweeg. Ons moet daagliks uitgaan in die wêreld na
al die nasies toe, en ons moet die boodskap wat ons so goed ken kommunikeer met
liefde, met gevoel en met openhartigheid, terwyl ons vir die toehoorder wys dat
Jesus ook my sonde vergewe, ook my gebreke aanvul met Sy genade en my swakheid
sterk maak met Sy krag. Onttrek jy of gaan jy nader?
(Vertaal en verwerk uit Howard Hendricks se boek: Say it with love, Victor Books, Wheaton Illinois. 1976)
Dit is egter hartseer dat Christene, as gevolg van verskeie redes, hulleself al hoe meer en op verskillende maniere onttrek (nie wil kommunikeer nie) van hierdie samelewing en in ‘n privaat tipe wêreld kongrueer waar hulle min of geen kontak het met die mense van hierdie generasie nie. Christene is nie gretig of weet nie hoe om die krisisvrae van die wêreld te beantwoord deur kommunikasie nie, maar wil hulleself eerder beskerm van die invloede. Een manier waarop mense onttrek is deur intellektualiteit en ‘n oorbeklemtoning van dogma. Dr. Hendricks sê: “Unfortunately, our greatest asset, the Christian message, sometimes becomes a great liability. In some churches, the Christian message is little more than intellectual. The correct information is thought to automatically make genuine Christians, but Jesus warned: ‘Not every one that saith unto me, Lord, Lord, shall enter into the kingdom of heaven… (Matt. 7:21-23)”.
Nog ‘n manier hoe Christene onttrek van die wêreld is deur die kerk en hulle lewens ‘n beeld te gee van onaantasbaarheid. Dr. Hendricks lewer soos volg kommentaar hieroor: “Another distortion of the message is its enshrinement in a church building. Many churches across the country are repositories of the truth, and it’s as if they had a sign in front which says, ‘HERE WE ARE, YOU LUCKY SINNERS! WELCOME.” M.a.w. kom kry jou weeklikse dosis waarheid eksklusief net by ons.
(Vertaal en verwerk uit Howard Hendricks se boek: Say it with love, Victor Books, Wheaton Illinois. 1976)
Watter bediening verkies jy?
1 Tim. 4:13 Totdat ek kom, moet jy aanhou met voorlesing, vermaning en lering.
‘n Bediening wat ons vertel wat ons wíl hoor, of ‘n bediening wat ons vertel wat ons móét hoor? Watter een kies ons? Dit is die vraag waarop David de Bruyn sinspeel in sy artikel Gemeentelike Bediening: Relevant of Bestendig? Oor die algemeen verwag mense dat, as die bediening van die Here die moeite werd wil wees, dit relevant (wat mense wil hoor) moet wees. Dit lyk dan ook of predikante en Christene bang is om as irrelevant geëtiketteer te word. Die idee is dat, as ‘n bediening buite die bereik bly van die gemiddelde Christen se belangstellingsveld, so ‘n bediening nie daarin sal slaag om te groei of verandering mee te bring nie. Volgens die huidige generasie moet Christenskap op so ‘n manier aangebied word dat die grootste hoeveelheid mense daarby aanklank kan vind. Met die eerste oogopslag lyk dit prysenswaardig en nie verkeerd nie, maar kyk mooi na wat dit impliseer: “Christenskap moet aantreklik gemaak word – die hoofdoel is om te konformeer eerder as konfronteer”. Die doel is ‘n mens-gesentreerde, behoefte gedrewe bediening en nie ‘n God-gesentreerde, waarheid gerigte bediening nie. Christenskap moet volgens populêre vereistes herverpak word, totdat dit in die guns val van ‘n gehoor wat oorgegee het aan nuwerwetse gesinstrukture, toegeeflike ouerskapstyle, disfunksionele huwelike en rebelsheid. Relevansie is die nuwe orde.
Eenvoudig gestel: Die kerk verskuif sy fokus van waarheid gerigte Bybelse aanbidding na vermaaklikheid en populêre, “voel-goed” sielkunde. In plaas van om te konfronteer met die waarheid oor rebelsheid, ongehoorsaamheid, liefdeloosheid en wetteloosheid, moet die kerk nou paai, motiveer, die ander pad kyk en oorgee aan sielkundiges, net sodat getalle behou kan word. Mense is opsoek na: Eerstens: Die kerk kan enige vorm van kulturele of populêre metodes aanwend om ‘n gunstige gesindheid in verband met Christenskap te bewerkstellig. Tweedens: Die kerk streef daarna om in voeling met hul post-moderne gehoor te bly. Derdens: Die aanbiddingstyl in ‘n kerk moet verander, tradisie verwerp en waarheid en verandering, relevansie en nuwerwetsheid najaag. Hierin lê die ironie - niks is so onvanpas soos gister se modegier nie. Alle modes verander en is oormôre oudmodies.
In teenstelling is Paulus se woorde aan die jong Timotheus in 2 Tim. 3:14-15 “Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.”
'n Bybelse bediening behoort nie ten alle koste relevant te wees of bly nie, maar moet waarheid gerig en bestendig wees. Wat bedoel ons dan met bestendig? Onveranderlike dinge is dit waarvan God praat en wat Hy doen. Die Evangelie en die kerk is onveranderlik. Die volle, geopenbaarde boodskap van God wat in die Bybel onthul word, is onveranderlik. Ware Bybelse aanbidding is onveranderlik. Dit wat waar, reg, goed, regverdig, rein, lieflik, en lofwaardig is, is onveranderlik en uit die aard van die saak, bestendig. Kom ons stel dit op ‘n ander manier: ware Christenskap moet daarop gerig wees om die onveranderlike te erken deur die veranderlike daarby aan te pas. As ons huwelike met die Bybelse waarheid gekonfronteer moet word, het ons nie relevansie of gewildheid nodig nie, maar waarheid oor die sonde wat die probleem veroorsaak het. Ons het ‘n bestendige en liefdevolle vermaning nodig om ons na die waarheid uit sonde terug te bring.
Wat kies jy?

Dinsdag 11 Februarie 2014
Hulp vir die Hulpelose
Gal. 6:1-3
Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet
julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl
jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie. Dra mekaar se laste en vervul so die wet van
Christus. Want as iemand meen dat hy
iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself.
Alhoewel baie mense vandag
wil ontken dat hulle hulp nodig het, is dit ‘n Bybelse waarheid dat Jesus
Christus die kerk gemaak het om op ‘n sekere manier te werk te gaan om hulp aan die
hulpelose te bied. Dit is nie maklik vir die deursnee Christen om te erken dat
hulle soms die skoene van die hulpelose kan volstaan nie. Hulpeloses is soos
ons teks in vers 1 verklaar, diegene wat “deur een of ander misdaad (swakheid
of sonde) oorval word.” As dinge begin skeefloop in mense se lewens, dan is dit
aanvanklik nie so erg nie. Verkeerde gesindhede van rebellie, huweliksontrouheid
of onrus, verslawing aan verbode middels en media, biddeloosheid en
kerkloosheid is vir die meeste vandag aanvaarbare sondes wat in privaatheid gedoen
en onderdruk word. Die eerste ruk sal hulle dit wat fout is probeer wegsteek,
wegpraat of liewers wil vergeet. Hulle wil nie daaroor praat nie en hoop dit
gaan sommer van self weg. Hierdie kop-in-die-sand metode, verhoog net die
vlakke van frustrasie en die risiko vir depressie - as dit nie alreeds ingetree
het nie. As die situasie dan verder ontrafel, sal die meeste ‘n baie populêre stap
neem, Google dit! Of miskien ‘n boek by die Biblioteek uitneem, die immer gewilde “talk
show” (dr. Phil of dr. Oz) of TV sepie raadpleeg om uit te vind hoe hulle dit
moet oplos. Die meeste kere bied hierdie Google of TV gerigte self-help
sielkunde net ‘n tydelike antwoord, maar dinge keer dan stadig maar seker weer
terug na “normaal”. As dit nie werk nie, probeer mense dan ‘n vriend soek, of ‘n
familielid wat hulle dink hulle kan vertrou en poog dan om hulle hart teenoor
die persoon uit te praat in die hoop dat die uitlating van die emosies en
frustrasies die oplossing sal bied. Dit gaan gewoonlik gepaard met verwyte, oordrewe,
halwe waarhede of selfbejammering. As dit ook nie help nie, en dinge raak nog
verder buite beheer, sal hulle ‘n sielkundige of die meer hedendaagse “lifestyle
coach” oorweeg. Met ‘n sekere hoeveelheid medikasie, wat die emosionele effekte
van depressie verdoof, of ‘n paar “dinamiese” self-help stappe om te volg, kan die
persoon vir jare voel asof alles nou reg is en dat die probleem dalk weggegaan het.
Maar het dit? Kom ons wees eerlik, daar was nog nooit soveel self-help middels,
“talk show” programme, TV sepies, toegang to Google ens. nie, maar die probleme
bly nog dieselfde. Om die waarheid te sê, word die hedendaagse druk en probleme
net erger.
Die belangrikste rede
hiervoor is dat die Bybelse oplossings nie as ‘n opsie beskou word nie. Die
meeste self-help middels bied ‘n tydelike oplossing aan of die verdowing van
die simptome. Dit bied nie ‘n eerlike en soms ontnugterende kykie na die rol
van eie sonde nie. Die vraag is dus, kan ‘n mens jouself help as jy nie bereid
is om eerlik te wees oor die ware fout nie? Kan ‘n mens dus maar net aangaan met
self-help of verdowingsmiddels tipe oplossing en hoop die probleem gaan mettertyd
weg?
Volgens Paulus, is dit
eerstens belangrik om te weet dat as iemand deur “een of ander misdaad
(swakheid/probleem)” oorval word, so ‘n persoon die Here se hulp nodig het. Die
belangrikste ding wat ons moet besef is dat hierdie “misdaad” wat in die
privaatheid gedoen word, werklik ‘n “swakplek in die liggaam van Christus
veroorsaak” en die Heilige Gees bedroef (Ef. 4:30) en wyer skade aanrig as wat
ons dink. Ons kan onsself dus nie flous deur te dink dit is nie so erg nie of
dink dat ons onsself uit sekere situasies kan uitred of uithelp nie, net die
Here Jesus kan dit doen deur ander geestelike mense te gebruik. Hierdie “reghelp”
is volgens Jakobus 5:20 baie belangrik, want dit verklaar soos volg: “laat hy
weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal
red en ‘n menigte sondes bedek.” Tweedens kan ‘n mens, volgens Paulus, nie
gehelp word as dit nie ‘n gesant van Jesus Christus, ‘n “geestelike” persoon,
is nie. Die een wat wil help, moet ‘n geestelike Christen wees wat hom of haarself
deur die Heilige Gees laat lei en nie deur selfsugtige begeertes of eie belang nie.
Dit is ook die waarde van die gemeente en sy herder-leraar en diakens. Hulle is
geestelike, meer volwasse Christene, en in die geval van die leraar is dit hulle
verantwoordelikheid om “as herders toesig (te) hou oor die kudde van God” (1
Pet. 5:2), en wat moet “waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee…”.
Tog
sal baie min mense eerstens aan die leraar dink as hulle ‘n probleem het of
sukkel om ‘n besluit te neem. Derdens sê Paulus dat so ‘n persoon “reg gehelp”
moet word, wat impliseer dat die persoon nie “reg” is en self kan regkom nie. Paulus sê ook in vers 3, “Want as iemand meen
dat hy iets is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself.” Daarmee impliseer hy
dat persone wat hulp nodig het, nie altyd sal erken dat hulle hulp nodig het
nie en dat die wat vra vir hulp nie sal erken dat hulle verkeerd is nie. Die
meeste mense wat hulp nodig het ontken dat hulle probleem so erg is, en as
hulle wel vir hulp vra, het hulle hul eie idees hoe dit gedoen moet word en wil
dan voorskryf hoe hulle dink hulle gehelp moet word. En as jy hulle durf teëgaan,
of met hulle verskil, sal hulle opstandig of kwaad word, en nie verder wil
saamwerk nie. Daarom sê Paulus in 2 Tim. 2:25-26 dat hulle wat hulp nodig het in
die “strik van die duiwel… gevang (is)… om sy wil te doen.”, en dat hulle wat
wil help “die weerspanniges in sagmoedigheid (moet) teregwys, of God hulle nie
miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, en hulle weer
nugter kan word…”. Hierdie opstandigheid of weerspannigheid (ek is kwaad en wil
nie saamwerk nie, al sê en doen jy wat) sal enige poging om te help kelder en kan
vir jare duur en vereis baie geduld by die wat met so ‘n Christen moet saamleef
of geestelik genoeg is om te kan help.
Ten spyte van die feit
dat sommige mense nie wil vra vir hulp nie, of nie wil erken dat hulle gehelp moet
word nie, of op hulle eie manier gehelp wil word, of sommer net botweg weier om
daaroor te praat, het die kerk van die Here Jesus steeds die opdrag om vir
hulle te sorg wat soms af dwaal. Die liggaam moet hulle liefhê, probeer bedien
met die waarheid en hulle tot inkeer probeer bring. As lede van die liggaam,
moet ons altyd bid dat diegene wat ‘n “siekte” onder lede het, sal instem om
saam te werk om die hulp te ontvang, sodat die liggaam gesond kan word.
Donderdag 06 Februarie 2014
Die Behoudende Werk van God
Prediker
3:14 Ek het ingesien dat alles wat God
doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van
weggeneem word nie; en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy
aangesig.
Bowenal het die grootste implikasie te doen met die redding van sterflike mense soos ek en jy. Jesus het dit self verduidelik in Johannes 10:28 “En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.” Die Psalmdigter sê: “Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders” (Ps. 103:17). Daniel het verklaar: “...sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie. (Dan. 7:14) Jesaja sê in sy profesie: ...my heil sal vir ewig bestaan en my geregtigheid nie verbreek word nie. (Jes. 51:6) en weer, “Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.” (Jes. 40:8) Waarom het God dit so gedoen? Die doel van die behoud van alles dinge word gegee in ons Skrifgedeelte, “...en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.”
deur Henry Morris, Ph.D. [http://www.icr.org/article/7796]
Miskien moet ons ophou twyfel en soos Salomo sê begin "vrees voor Sy aangesig".
Ons God is beide alwetend en almagtig. In
Sy alwetendheid besit Hy eerstens die volmaakte wysheid om te weet wat die
beste ding is om te doen en tweedens die volmaakte almag om dit uit te voer. As
God iets begin het, maak Hy geen foute nie en het nie nooit nodig om terug te
gaan na die tekenbord om iets oor te beplan of om iets reg te maak wat verkeerd
geloop het nie. Wat Hy doen, is verewig!
Hierdie fundamentele beginsel het baie
omvangryke implikasies. Die eerste implikasie is die wet van die behoud van
energie, een van die belangrikste wette in die wetenskap. [Wikipedia gee die
volgende definisie van hierdie wet: “In
physics, the law of conservation of energy states that the total energy of an
isolated system cannot change—it is said to be conserved over time. Energy can
be neither created nor destroyed, but can change form, for instance chemical
energy can be converted to kinetic energy in the explosion of a stick of
dynamite.” Bygevoeg deur die vertaler] Dit beteken dat die energie wat tans
bestaan in die natuurlike orde van alle dinge, wat ‘’n geslote stelsel is, nie
geskep of vernietig kan word nie, maar behoudend sal bly totdat ‘n eksterne
krag van buite dit verander.
Die tweede implikasies kan gesien word in
die voortbestaan van alle plante en dierespesies, net soos wat God dit geskape
het, om voor te bestaan “volgens hulle eie soort”. Ook hierin het die
geskiedenis God se ewig onveranderbaarheid bewys, want daar is nog geen
wetenskaplik of biologies verifieerbare bewys dat hierdie wet van voortplanting
ooit verbreek is of moontlik verbreek kan word nie, ten spyte van evolusionistiese
beweringe.
Die Psalmdigter
verklaar soos volg in Ps. 148:1-6: Halleluja! Loof die HERE uit die hemele;
loof Hom in die hoogtes! Loof Hom, al sy
engele, loof Hom, al sy leërskare! Loof
Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre! Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die
hemele is! Laat hulle die Naam van die
HERE loof; want Hy het bevel gegee—en hulle is geskape. En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir
ewig; Hy het ‘n wet gegee wat geeneen oortree nie. Ook in die ganse geskape
heelal, sal die bevel van God dat hierdie hemelliggame geskape moet word, standhou
“vir altyd, vir ewigheid”. ‘n Wet van die behoud van die kosmos wat volgens die
Bybel geeneen kan oortree nie. Bowenal het die grootste implikasie te doen met die redding van sterflike mense soos ek en jy. Jesus het dit self verduidelik in Johannes 10:28 “En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.” Die Psalmdigter sê: “Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders” (Ps. 103:17). Daniel het verklaar: “...sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie. (Dan. 7:14) Jesaja sê in sy profesie: ...my heil sal vir ewig bestaan en my geregtigheid nie verbreek word nie. (Jes. 51:6) en weer, “Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.” (Jes. 40:8) Waarom het God dit so gedoen? Die doel van die behoud van alles dinge word gegee in ons Skrifgedeelte, “...en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.”
deur Henry Morris, Ph.D. [http://www.icr.org/article/7796]
Miskien moet ons ophou twyfel en soos Salomo sê begin "vrees voor Sy aangesig".
Maandag 27 Januarie 2014
Hoe om gelowiges wat anders as ons is te hanteer?
Die verskille wat daar tussen mense
bestaan, is so normaal soos wat kan kom. Dit kan ouers wees wat verskil met
hulle volwasse kinders, familielede wat verskil met ander familielede,
werksgenote wat verskil, en vele meer. Die versoeking kom as ons so van mekaar verskil
dat ons hulle wil etiketteer, afskryf en anders behandel omdat hulle ander as
ons is. Hulle wil gewoontes beoefen wat vreemd is vir ons en wil nie met ons
saamstem daaroor nie. Hoe kan ons steeds as medegelowiges saamstem en saamwerk?
In Romeine hoofstuk 14 bied Paulus 'n Bybelse antwoord.
Eerstens,
die Konteks (Romeine 14:1-8)
Dit is duidelik dat daar twee groepe mense
in Christelike geloofsgemeenskappe beweeg. Volgens Rom. 14:3 is dit "die
wat eet" (die wat sterk in geloof is) en "die wat nie eet nie"
(die wat swak in geloof is). Hulle wat eet verwys na die gebruik om van die
vleis wat aan die afgode geoffer is en nou in die slaghuis verkoop word te koop
en eet. Seker mense het ‘n groot probleem gehad met ander wat dit doen. Paulus
wys ons daarop dat hulle wat 'n problem het met sekere gebruike en gewoontes
nog moet groei in hulle geloof om die vryheid wat ons in Christus het te besef.
Die wat sekere dinge vermy is in der waarheid die swakkeres in die geloof en
nie andersom nie. In die uitleef van ons godsdiens en kultuur kan ons soms so
gekant wees teen sekere dinge dat ons sonder 'n Bybelse mandaat dit wil insluit
in die tien dat daar geen eenheid is nie. Enige iemand wat dit dan durf doen,
word dan as swak, onvolwasse gelowiges of dalk nog as ongered bestempel.
Daar is volgens Paulus twee tipes reaksies
in die Christelike geloofsgemeenskap wat verskille tussen medegelowiges
aanbetref. Christene, hetsy swak of sterk in die geloof, sal mekaar verag en
veroordeel sonder om die ware feite uit te vind. Ek onthou baie duidelik hoe ek
tot die besef gekom het dat alle Kersfees vieringe, wat die opstel van kersbome
insluit, van die duiwel is. In daardie groep het ek gou geleer hoe mense mekaar
veroordeel en verag oor so iets soos 'n kersboom. Gedurende hierdie tyd het die
mense wat so voel meer tyd spandeer om ander te veroordeel dat hulle die
geleentheid om te praat oor die koms van Jesus, wat eintlik die fokus moes
wees, total verontagsaam het.
Daar is ook vier verskillende areas van die
lewe wat hier uitgelig word as 'n deel van die verskillende dinge waaroor
Christene mekaar veroordeel en waarin ons anders kan wees as ander. Die eerste
is eetgewoontes en die tweede is huislike gewoontes, die derde is kalendergewoontes
(die viering van spesiale dae soos bv. die Sabat of ander feestdae) en die
laaste is leefstylgewoontes. Dit is rondom hierdie vier dinge wat die Bybel sê
dat die meeste van ons verskille gesentreerd is en waaroor mense mekaar dophou
en wil veroordeel.
Daar
is vier beginsels wat ons uit God se voorbeeld kan leer om ons te help met mense
wat verskillende dink en doen as ons:
Die eerste beginsel: Neem hom of haar aan (3b), want God het hulle aangeneem en hou
hulle staande (4b) ten spyte van ons ergste vrese. Die eerste ding wat jy met
doen as jy te doen hulle kry met mense wat ander is en doen as jy, is om hulle
te sien soos God sien. Dit geld ook vir die ongelowige mense in ons lewens. Ons
moet hulle sien soos God hulle sien. Johannes 3:16 beskryf God se gesindheid
teenoor hulle: “Want so lief het God die wêreld gehad...” As hulle gelowiges
is, dan moet ons hulle sien as medegelowiges in die Here Jesus en deel van die
liggaam van Christus (Ef. 2:14-16).
Die tweede beginsel: Wees liewer self oortuig in jou eie gemoed (5b), want ons almal
moet voor die regterstoel van Christus verskyn (10c) vir dit wat ons gedoen
het. Alhoewel Christene oor die algemeen teenoor mekaar aanspreeklik is vir dit
wat hulle doen, moet hulle egter besef dat hulle aan God rekenskap gaan gee. Die
tweede dinge wat ons dus moet doen, is om mekaar nie te veroordeel nie, maar eerder
te ondersteun in die areas waarin die persoon wel met jou saamstem en dan die
persoon reg te help in ‘n gees van sagmoedigheid (Gal. 6:1).
Die derde beginsel: Doen wat tot stigting dien (19), want hy wat Christus hierin dien,
is aan God welgevallig en by mense geag (18). Die manier om mense te oortuig dat
hulle nie die regte dinge doen nie, is nie om pertinent vir hulle te herinner
aan hulle verkeerde weë nie, maar om hulle lief te hê en deur jou voorbeeld te
wys dat jy dit nie goedkeur nie. As ons najaag wat tot “vrede en onderlinge
stigting dien”, sal ons guns by mense vind en dan ‘n oop deur kry om met hulle te
praat. Sonder gunstige toestande vir ons verhouding met ander, sal ons
beswaarlik die kans kry, hetsy tydig of ontydig, om die waarheid te praat.
Die vierde beginsel: Behou ‘n goeie geloofsgewete (22), want alles wat nie uit die
geloof is nie, is sonde (23). “Behou dit (jou geloofsoortuiging) vir jouself
voor die aangesig van God.” Hierin is ons almal skuldig. Ons voel onseker oor
ons dade en besluite en dan wil ons dit op ander afdwing of hulle probeer
oortuig dat ons die regte ding doen. Hierdie tipe optrede waar ons onsself en
ons idees bemark, is eintlik maar net ‘n ander vorm van twyfel. “Maar hy wat
twyfel... is veroordeel.” As mense in jou lewe jou vaste geloof in God sien en nie
jou eie vermoëns nie, dan sal hulle na jou begin luister.
Ter opsomming. Almal verskil van mekaar in
meer as een opsig en moet leer om hierdie verskille te hanteer. As ons as
Christene verskil in eet-, huislike, kalender- en leefstyl gewoontes, moet ons
na mekaar kyk as aangenome kinders van God. Ons moet oortuig wees in ons eie
gemoed en ons oortuiging deur ons voorbeeld wys, want ons sal vir onsself voor
die regterstoel van Christus verskyn en nie vir ons kinders of vriende nie. Ons
moet ander toelaat om van ons te verskil en hulle eerder opbou as afbreek. Ons hoef
nie heeltemal saam te stem met hulle manier van doen nie, maar ons moet hulle nie
veroordeel nie, maar eerder liefhê. Inplaas daarvan dat ons spog met ons beter
tipe leefstyl, moet ons nederig wees om ander lief te hê. Dit is immers die grootste
behoefte in die kerk vandag (1 Kor. 13).
Teken in op:
Plasings (Atom)