Hierdie kort reeks fokus op daardie Bybelse eienskappe wat eie behoort te wees aan Christene.
In Spreuke 30:7-9 het Salomo die volgende gesê: “Twee dinge vra ek van U; onthou
dit nie aan my voordat ek sterf nie. Hou
valsheid en leuentaal ver van my af; gee
my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestemd is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U
verloën nie, en sê: Wie is die Here: En
dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp
nie”
Toe God vir Salomo gevra het wat Hy vir hom kon gee, het Salomo geantwoord
en gevra vir ‘n opmerksame hart om reg te spreek oor die volk en om tussen goed
en kwaad te onderskei (1 Kon. 3:5-14).
Jabes het gevra dat God hom ryklik moet seën en sy grondgebied
vermeerder en dat God se hand met hom moet wees en dat God die onheil van hom moet
afweer sodat geen smart hom sou tref nie (1 Kron. 4:9-10). Wat sou jy van God gevra het?
Ons moet leer om ons gebedsversoeke te rig met wat te doen het met ons karakterbou en lewensomstandighede. Vra eerstens vir God om jou te help om nie te
sondig nie en om jou van trots en oneerlikheid te verlos. As ‘n persoon wat na tevredenheid (vergenoegde) streef, vra Hom
dan om jou nie armoede of rykdom te gee nie.
Beide hierdie uiterstes kan ons in versoeking lei. Aan die een kant kan armoede veroorsaak dat
ons teen God murmureer; en aan die ander
kant kan ons in ons rykdom onafhanklik van God raak.
Ontevredenheid verhinder ons om te geniet dit wat God alreeds vir ons gegee
het. Dit vat slegs ‘n druppel asyn om ‘n
glas melk suur te maak. Wees versigtig
vir so ‘n gesindheid van ontevredenheid in die huis, by die werk of in die
kerk. Ontevredenheid oor hoe ons lyk,
wat ons aantrek, ons inkomste, ongemak en selfs omstandighede waarmee ons te
doen kry soos byvoorbeeld die weer, kweek ongelukkigheid.
Paulus is deur verskeie beproewinge getoets. Hy was in die tronk, het skipbreuk gely, was
honger en dors (2 Kor. 11:24-27); maar
selfs in die tronk het hy geskryf: “Nie dat ek dit sê uit gebrek nie, want ek het geleer om vergenoeg te
wees met die omstandighede waarin ek is” (Fil. 4:11).
Die Bybel sê: “Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins” (1 Tim.
6:6). God mag dalk rykdom aan ons toevertrou of ons mag dalk met armoede
beproef word, maar in beide gevalle moet ons Hom vertrou en Sy genade moet vir
ons genoeg wees. Ons het met niks in die
wêreld gekom nie en ons sal die wêreld met niks verlaat nie. Ons moet dus tevrede wees dat ons kos het om
te eet en klere het om aan te trek.
Die vergenoegde persoon lewe deur geloof in die beloftes van God en
bewys dat God in staat is om al sy behoeftes te vervul na die rykdom in heerlikheid
deur Christus Jesus – (Fil. 4:19). Op sesjarige ouderdom het Fanny Crosby as gevolg van ‘n doktersfout
blind geword en op agtjarige ouderdom skryf sy:
“O what a happy child I am
Although I cannot see
I am resolved that in this world
Contented I will be.
In 1 Tim. 6:17 waarsku Paulus ons: “Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees
nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar
op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet”. Laat ons die gesindheid van vergenoegdheid by Dawid aanleer en saam met hom getuig: “Die Here is my
Herder; niks sal my ontbreek nie” (Ps.
23:1).
[Met vergunning vertaal en aangepas uit die Herald of Hope tydskrif]
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking