Sondag 06 Mei 2018

In die stal van Jesus

Joh 10:14-16  Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.  (15)  Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lĂȘ my lewe af vir die skape.  (16)  Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.

Die dag toe Jesus sy dissipels geleer het dat Hy die "goeie Herder" is, het Hy nie bloot aan hulle 'n konsep oor sy eie bediening in hulle lewens oorgedra nie. Hy het hulle geleer wie hulle in Christus is.

Vincent's Word Studies haal Thomson aan soos volg: “The low building on the hill-side which we have just passed, with arches in front, and its enclosure protected by a rubble wall and thorny hedge, is a sheepfold or marah.... The marahs are generally built in a valley, or on the sunny side of a hill, where they are sheltered from the winter winds. In ordinary weather the sheep and goats are gathered at night into the enclosed yard; but when the nights are cold and stormy the flocks are shut up in the marah. The sharp thorn-bushes on the top of the wall that surrounds the yard are a defense which the prowling wolf will rarely attempt to scale. The leopard and panther of this country, however, when pressed with hunger, will sometimes overleap this thorny hedge, and with one bound land amongst the frightened fold” (“Central Palestine and Phoenicia,” p. 591).

Met ander woorde, Jesus was besig om sy dissiples te leer dat hulle die kerk moet sien as 'n splinternuwe beweging wat nie staatmaak op die georganiseerde en alles-in-plek samekomste van die Joodse geloof nie, maar 'n organisme wat hulle bestaan uitsluitlik te danke het aan die Herder se sorg vir hulle. Elke Christen wat in die Nuwe Testament tydperk tot geloof in Jesus Christus gekom het behoort nou aan die STAL van Christus en is afhanklik vir hulle oorlewing aan Hom. As die kerk homself oortuig dat sy bestaan en oorlewing in sy eie hande of in sy eie vermoe om te organiseer en struktureer gefundeerd is, dan is dit die eerste tree na afsterwe.

Geen opmerkings nie: